Download document

KOMBUIS, Koos


Onder in my whiskey glas

Onder in my whiskey glas sien ek jou weer

onthou ek hoe ons was, maar nou's my hart so seer

Die kroeg se deur is toe, wasem hang in donker lug

Ek lig my glas op om te proe, maar voor my sien ek jou gesig

Onder in my, onder in my,

onder in my whiskey glas

is jy nog aan my vas

Ek het jou verruil vir die droom van 'n duisend kontinente

maar nou sien ek my glas se boom en ek tel my laaste sente

Jy's orals in my hier vannag, ek voel jou in my lewe

whiskey is hard en jy is sag, jy is bo drank verhewe

Drie skepe moes my wegvoer na lande ver van hier

maar daar's skimme op die vloer en visioene in my bier

Ek weet ek was verkeerd gewees, my oë traan, my maag wil draai

my drome was nog vis nog vlees, drie skepe het my hart verraai

Onder in my, onder in my,
…..


Lisa Se Klavier


Ek het ‘n vriendin

Vêr by die blou see

Teen die hang van Tafelberg

As die son sak

Speel sy die mooiste melodieë


Haar vingers ken die pad

Opgesluit

In wit en swart

Die klavier se grootste vreugde

Hartseer en verlange

Verstaan die hart se diepste smart


Ja, die hele wêreld word stil

En luister in die donker uur

Na die naggeluide

Van Lisa

Se klavier

…..

Lisa kan nie ophou

As sy eers begin het nie

Sy laat my nooit huis toe loop

Of afskeid neem

Voor my laaste sigaret nie


Ek staan op haar balkon

Ek drink haar appelkoostee

Ek kyk na Kaapstad

In die nag

Die liggies

En die swart, swart see


Ja, die hele wêreld word stil

…..

En onder op die sypaadjie

Sien ek die bergie en sy maat

Gaan staan en opkyk

Vêr na bo

Vanuit die vullis

Van Oranjestraat


Hulle ken al lank die klanke

Wat uit haar woonstel stroom

Lank na twaalf met die deure oop

Al moan die bure ook al hoe

Word Lisa

Elke boemelaar se droom


Ja, die hele wêreld word stil

…..