Download document

KAMFER, Ronelda S.


Entitlement

al wat ik wou terughê

was die blou van die see

die groen van die winter

die geel van die son

die afstand van die maan

die water van die reën

die klank van die wind

my plek agter my ma se rug


Sara Slimmeissie

vandag is my huildag

ek gaan my witrok

aantrek en kaalvoet voor


die see staan met

my ouma se pêrels

om my nek gaan


ek ‘n gat in

die grond grawe voor

dit sit en huil


my trane gaan opraak

en ek gaan


die gat toegooi die gety

gaan kom en die

gety gan gan


hulle kan my santekraam vat

maar my trane gaan

hullie nie kry nie