Download document

STRYDOM, Amanda


Pelgrimslied

Vader God U ken my naam

My binnengoed en buitestaan

My grootpraat en my klei verdriet

My vashou aan als wat verskiet

U ken my vrese en my hoop

Die pad wat ek so kaalvoet loop

Die pad het lankal berei

U maak die pad gelyk vir my

Alle pelgrims keer weer huistoe

Elke swerver kom weer tuis

Elk verdwaal steeds op die grootpad

Soekend na U boardinghuis

Moeder God U ken my waan

My ego en my regopstaan

Die drake waarteen ek bly veg

U wys my altyd weer die weg

U het my met U lig geseën

Die lig strooi ek op iedereen

Net U weet hoe my toekoms lyk

Ek het niks, U maak my ryk