Download document

VAN HEERDEN, Ernst


Vlermuis


Karoo-aand –

en ’n pieper* wat sy dun gil-drade

om die stoeppaal hang;

‘n klein sambreel** word soos ‘n mantel

toegevou

en hou

die donserige bors-pels toegedek.


Sien hy deur windsels van die ewenaar

ontsaglik groot die poolstreek omgekeer

as maan,

en heel die duister- aardse meganiek

van vierkant, driehoek, sirkel,

in enkele stippelpunt gevang?


Hy fladder lomp

en vleg deur digte weefsels van gevaar,

en hang,

onduiselig en nugter,

waar donker warmte is

en hy met piep en kras

aan sagte tepels van die sterre drink.


* pieper = bat

** sambreel = umbrella