| 
           
            LANGENHOVEN, C.J.
            
                | 
      
| 
           Uit die diepte van ons see,  | 
      
| 
           Oor ons ewige gebergtes  | 
      
| 
           Waar die kranse antwoord gee.  | 
      
| 
           Deur ons vêr verlate vlaktes  | 
      
| 
           Met die kreun van ossewa.  | 
      
| 
           Ruis die stem van ons geliefde,  | 
      
| 
           Van ons land Suid-Afrika.  | 
      
| 
           Ons sal antwoord op jou roepstem,  | 
      
| 
           Ons sal offer wat jy vra:  | 
      
| 
           Ons sal lewe, ons sal sterwe,  | 
      
| 
           
            Ons vir jou, Suid-Afrika.
            
                | 
      
| 
           Op U Almag vas vertrouend  | 
      
| 
           het ons vadere gebou:  | 
      
| 
           Skenk ook ons die krag, o Here!  | 
      
| 
           Om te handhaaf en te hou.  | 
      
| 
           Dat die erwe van ons vadere  | 
      
| 
           Vir ons kinders erwe bly:  | 
      
| 
           Knegte van die Allerhoogste,  | 
      
| 
           Teen die hele wêreld vry.  | 
      
| 
           Soos ons vadere vertrou het,  | 
      
| 
           Leer ook ons vertrou, o Heer:  | 
      
| 
           Met ons land en met ons nasie  | 
      
| 
           Sal dit wel wees, God regeer.  |