|
LANGENHOVEN, C.J.
Dit hy is wat ek haat: Ek haat, verafsku hom omdat Dit ek is wat hom haat. Ek het my vriend nie lief omdat Dit hy is wat ek min: Ek het hom lief ter wille van Die grille van my sin. Ek seën, vloek; ek dien, verdien, Verderf, verdruk, verbly My medereisigers hier op Die paadjie langers my, Waar elk van almal vir homself Alleen geniet of ly: Maar al die ander reis die pad,
Beskou ek, net vir my!
’n Twede maal vervolg, want reg Sou ek hom tog nie kry; en wat Daar skoon en lief was op my pad Kan die herhaling my laat mis. Maar as ek iets terugwens is Dit, dat ek by my ouderdom My kinderhart weer mog bekom — Met fleur van lus en geur van smaak, En groot belang. in kleine saak, En goue traan en gou weer af, En grote vrees vir kleine straf, Maar steeds herhaalde stoutigheid! Og, had ek weer die sondigheid Van sondaartjies, onskuldig rein: Og, was ek weer as sondaar klein!
|
|
Uit die diepte van ons see, |
|
Oor ons ewige gebergtes |
|
Waar die kranse antwoord gee. |
|
Deur ons vêr verlate vlaktes |
|
Met die kreun van ossewa. |
|
Ruis die stem van ons geliefde, |
|
Van ons land Suid-Afrika. |
|
Ons sal antwoord op jou roepstem, |
|
Ons sal offer wat jy vra: |
|
Ons sal lewe, ons sal sterwe, |
|
Ons vir jou, Suid-Afrika.
|
|
Op U Almag vas vertrouend |
|
het ons vadere gebou: |
|
Skenk ook ons die krag, o Here! |
|
Om te handhaaf en te hou. |
|
Dat die erwe van ons vadere |
|
Vir ons kinders erwe bly: |
|
Knegte van die Allerhoogste, |
|
Teen die hele wêreld vry. |
|
Soos ons vadere vertrou het, |
|
Leer ook ons vertrou, o Heer: |
|
Met ons land en met ons nasie |
|
Sal dit wel wees, God regeer. |
Onteiening
Dis die derde jaar van droogte en dis vaal in die Karoo;
Uit ‘n wolkelose hemel brand ‘n harde son van bo.
Ek sien blarelose stengels net soos vingers opgesteek
Van bossies stil en hygend wat om uitkoms staan sn smeek
Tot ‘n jammerlose hemel en ‘n son wat skroei van bo.
Is daar lewe in die dood dan – ek hoor stemme roep van vér?
Ja, dis stomme dierestemme: dit is skape wat so blêr –
Dit is ooie wat daar dorsly by ‘n opgedroogde dam,
Met elkeen ‘n leë uier vir ‘n waggelende lam –
Dit is diere maar dis moeders en die kinders wat daar blêr.
Ek sien ginds ‘n boere-huisie, ek hoor mense-stemme daar –
Hoor ‘n moedelose man sê aan sy vroutjie: ‘Ons is klaar.
Was daar hierdie maand maar reën kon ek tog my veetjies hou –
Kon ek nog my skulde skuiwe, kon my kindertjies en vrou
Op ons plasie nog bly woon het, Maar my vroutjie, ons is klaar.”
Ek sien witte wolke-banke oor die bloue berge staan,
Hoor die eerste sware druppels dowwe hamerhoue slaan.
Met ‘n heerlikheid verblindend breek die bliksems van omhoog
Oorverdowend dreun die donder deur die dolle hemelboog,
En dit dawer op die aarde soos die stortvloed vallend slaan.
Ek sien ‘n groene lowerland – is dit die vaal karoo,
Met blare blink van vettigheid en prag van blomme bo,
Met ooie elk hoogmoedig by ‘n huppelende lam,
Met kruisgras-ruigte in die veld en oorvloed in die dam?
Waar dooie kaal woestyne was is lewend-groen Karoo..
Ek sien stralende gesigte uit die boere-huisie kyk;
Ek hoor ‘n man vol owermoed sê:”Vroutjie, ons word ryk.”
Hoor kinders vrolik, lewe-vol, wat lag en sing en speel –
Voel trane oor my wange rol, my hart is my te veel:
Dis ander stemme wat ek hoor waar nou die weelde pryk