Download document

OPPERMAN, D.J.



Periandros van Korinthe

…..
ARIOON: Maar op die oomblik is dit onheilspellend met die uil

wat in die bergskeur so te kere gaan en huil ...

En wil jy sê jou ouboet Kuupselos is ook warrimpel

deur die optrede van jou vader nog meer simpel?

Om te dink dat daar oor die ou man ’n ander mag gaan heers!

Dis seker vir hom bitter dat sy helder denk nóú eers

beroemd raak oor die wêreld en dat hy, dié bose vegter

in die rusies van die state optree as die vrederegter:

vroeër tussen Lidië en Milete, nou my vaderland,

ou Lesbos, en Athene! En hy kies natuurlik ook geen kant!

Dis bitter, al laat Lukophroon selfs die ou heerser leef,

hy woon dan op die eiland waaroor die wraakvoëls sweef.

Mens kan nooit weer van voor begin, maar skoonmaak het ook sin.

Reeds by die laaste woorde stap Periandros binne.

Ek kan vir oulaas nog 'n loflied op jou sing.

…..