Download document

STUART, Toni


Ma, ek ko huis toe

Ma,

ek ko huis toe

daai berg wat blou

oor ons stad le,

roep my;

in ie donke ure van ie nag

sy stem


praat my ore sag

en ie lied van ie suid-oos wind maak

lawaai in

my lee mag


Ma,

ek ko huis toe

my hart is vol van verlange

en ie trane wat soos klippe

oor my wange loop

le hard en swaar op my bors

en maak ie asemhaal moeilik


Ek mis

ie see

en ie ruik van sout

wat voor ons voordeur le

op ‘n somer oggend

geswel met ie hitte


ek mis ie tonge en taal

van my mense

en hul stemme

wat plat oor ie woorde val


die vel onder my voete is afgeskeur

van ander lande

se paaie en ander mense

se pein

deurloop


die bloed in my are

klop aan ‘n ritme

wat ek in hierdie groen land ie vind ie


Ma,

ek ko huis toe

daai berg wat blou

oor ons stad le,

roep my;

in ie donke ure van ie nag

sy stem

praat my ore sag

en ie lied van ie suid-oos wind maak

lawaai in

my lee mag


Ma,

ek ko huis toe

die grote wereld se tyd is verby

en ek wil weereens le

langs

jou sy