Download document

DE VILLIERS, Coenie



Karoonag


As die nag sy baaikie toeknoop oor die veld

En die diereriem sy blink tot teen die skerpioen laat lê

As die tweeling en die kreef

Kotteljons oor Beaufort-Wes

En die maan sy beker skink oor Graaff-Reinet


Ruik jy katbos en kambro

As dit reën in die Kleinkaroo

My hantamwind

My optelkind

Vanaand

Ruik jy katbos en kambro

As dit reën in die Kleinkaroo

My hantamwind

My optelkind

Vanaand

Hier vanaand


In die môre as dit blou word

En die amber wolke roer

As die son sy eerste lig

Oor die bitterboela stoot

As die trein by Noupoort fluit

En dit wegraak in die wind

En 'n tolbos iewers vaswaai teen die rant


Ruik jy katbos en kambro

As dit reën in die Kleinkaroo

My hantamwind

My optelkind

Vanaand

Ruik jy katbos en ruik jy kambro

As dit reën in die Kleinkaroo

My hantamwind

My optelkind

Vanaand

Hier vanaand


Ruik jy katbos en ruik jy kambro

As dit reën in die Kleinkaroo

My hantamwind

My optelkind

Vanaand

Ruik jy katbos en ruik jy kambro

As dit reën in die Kleinkaroo

My hantamwind

My optelkind

Vanaand

By my vanaand