HOOGENHOUT, C.P



Die Afrikaanse Volkslied


‘n Ieder nasie het syn land:

Ons woon op Afrikaanse strand;

Vir ons is daar g’n beter grond

Op al die wye wêreldrond;

Trots is ons om die naam te dra

Van kinders van Suid-Afrika.


‘n Ieder nasie het syn taal:

Ons praat van Kaap tot in Transvaal

Wat almal maklik kan verstaan –

Wat gaan die ander tale ons aan?

Ons praat soos Pa en Oupapa,

Die landstaal van Suid-Afrika.


‘n Ieder nasie het syn wet

Wat goed gebied en kwaad belet;

En elk syn wet is na syn aard,

En gaan met syn natuur gepaard;

So volg ons ook die sede na

Wat tuishoort in Suid-Afrika.


‘n Ieder nasie het syn reg,

Al is hy nog so swak en sleg.

Daar is ‘n Oog wat alles merk;

Hy set die onreg paal en perk;

Hy kyk ook ons verdrukkers na

En waak ook vir Suid-Afrika.


‘n Ieder nasie het syn tyd

Om op te groei en af te slyt,

En soos ons liewe Heer dit doet,

So is dit altyd wys en goed.

Daar kom ‘n dag vir ons ook, ja –

Vertrou op God, Suid-Afrika!


Want al die nasies het één God;

Hy regel ieder volk syn lot;

Hy het vir ieder volk syn Taal,

Syn Land, syn Reg, syn Tyd bepaal.

Wie dit verag, sal syn straf dra;

O God, beskerm Suid-Afrika.